Ongelukkig is die vliegtuigkaartjies na Oos-Londen van Kaapstad af, vreeslik duur. Om te ry sal 'n dag se verlof verg - maar as julle 'n kar kan vol maak sal dit definitief geld spaar!
Vir die wat nie bang is vir lang pad ry nie - hieronder is 'n padkaart met voorstelle vir van ons gunsteling stoppe op die pad tussen Kaapstad en Oos-Londen. Ons hoop dit laat die pad bietjie korter voel!
('n Pretoria - Oos-Londen kaart volg binnekort.)